The Waking Crew 2.0

Catch Jarret and Deon for their early morning antics: 06:00 - 09:00

Read More

The Coffee Break

Get that morning buzz you need, from 09:00 - 12:00

Read More

The Hard Drive

with Karlien, for your lunch time entertainment 12:00 - 15:00

Read More

The Headrush

End your busy day with Chops, 15:00 - 18:00

Read More

Contact Us

Address: #28 and 30 Simpson Street, Windhoek West, Namibia
Tel: (061) 242350
Fax: (061) 242322
Whatsapp: 0818856452
Email: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


 

 

PMR Africa Award Winners
2 Diamond Arrow
5 Gold Arrow

27 & 28 September: Dis koue kos, skat

Venue and Time: Warehouse Theatre at 8pm

Tickets: N$190 in advance at Events Today, Airtime City Kiosks or Warehouse Theatre, N$220 at the door

Die gewilde aktrise en sangeres Elzabe Zietsman is binnekort in Namibia met die teaterstuk “Dis koue kos, skat!"

Marita van der Vyver het in 1992 opspraak gemaak met die blitsverkoper Griet skryf ʼn sprokie, haar eerste volwasse roman. 

Dit is tot in Chinees en Yslands vertaal en dié boek is ook vir die verhoog verwerk. Van der Vyver is ʼn veelsydige skrywer wat sedertdien verskeie romans, kortverhale, jeugverhale en selfs prentjieboeke vir kleuters gepubliseer het.

In Dis koue kos, skat, vir die verhoog verwerk deur Alexa Strachan en met André Odendaal as regisseur, maak die gehoor kennis met Clara Brand, korrespondent van faam, deur middel van haar ontboesemings in briewe, e-posse en fakse aan haar ontroue man, vriendinne en susters.

Eintlik skreeu sy om wraak, want haar eggenoot, Bernard, het haar en hul drie kinders gelos vir een van haar beste vriendinne!

Soos in die roman is Dis koue kos, skat op die verhoog ʼn vreeslose, ontroerende, soms skreeusnaakse ontboeseming van “a woman scorned”. Strachan fokus op die kern van die roman en die karakter – slim, genuanseerd en gesofistikeerd en Clara huiwer nie om iets by name te noem nie! 

Elzabé Zietsman, “actress/songstress/chefstress” soos sy na haarself verwys, het met dié produksie teruggekeer na die wese van teater.  Zietsman is hier te sien as aktrise, gestroop van die kabaretbykomstighede, en laat reg geskied aan die teks. “Dit skitter en ontplof, skok en verkwik en sal vroue én mans vermaak,” is al oor dié produksie opgemerk. “Waar Clara ook al gaan, spring gehore op en begroet haar met applaus.

 

Kaartjies is by http://www.today.com.na/events / Airtime City Kiosks / Warehouse Theatre beskikbaar vir N$190 of hoop maar dat daar nog kaartjies is by die deur vir N$220.